WAT IS LANGFOS
   
     DIE 2 TIPES FOSFATE
   
     RESULTATE MET LANGFOS
   
     INLIGTING & ONTLEDINGS
   
     HISTORIESE DOKUMENTE
   
     FOTO GALLERY
   
     KONTAK & AGENTE
   
     HUIDIGE NUUS
   
      GECKO FERT (PTY) LTD
   
     ECOPELLETS BEMESTING
   
     TERUG NA WELKOM BLAD
   
 
     
    DOWNLOAD
Gecko Fert
BBBEE
Certificate
 
 

Langfos – Natuurlike Oorsprong

Minerale afsettings van die visryke waters van die Kaapse Weskus het oor die jare waardevolle sedimente op die seebodem gevorm en is verder verryk deur fossiele see- en landdiere wat daar vergaan het en dus driedubbeld bydrae kon maak tot ‘n unieke fosfaat voorkoms wat onder ‘n vlak deklaag wag om gemyn te word. Altesaam 300 verskillende spesies diere en enkele plante oor ‘n verbasend wye spektrum is tot dusver geïdentifiseer.

Daarvolgens moes arktiese tot subtropiese klimaat toestande geheers en storm vloede moes met tye van droogtes afgewissel het.  Fluktuasies van die seebodem (oor 120m) en temperatuur verandering oor die laaste 20 miljoen jaar word as hoof oorsake aangehaal.


Langfos (P) 80-100 g/kg


Langfos is onder die Wet 36 van 1947 as Rufosfaat en die naam Langebaan Rufosfaat as Groep 2 Misstof geregistreer en soos enige ander kunsmis word sy gehalte gereeld gekontroleer. 
Reg. Nr: B4038 Organies.


Langfos bevat:


Fosfor
Die totale fosforinhoud is 8-10% P. Bereken as trikalsiumfosfaat, 63% van die produk bestaan in hierdie vorm. Met herhaalde ekstraksies word alles in 2%  sitroensuur opgelos. Die eerste ekstraksie, wat as kenmerk van die fraksie wat dadelik beskikbaar is, staan 5% P.

Kalsium
Langfos bevat 20% kalsium. Omdat 25% kalsium aan fosfor gebind is begin sy neutraliserende uitwerking soos fosfor beskikbaar raak en opgeneem word. Die res van die kalsium wat oorbly is in die vorm van karbonate en silikate.

Mikro-elemente
Met uitsondering van kobalt (Co) wat vir diere noodsaaklik is, verskaf Langfos essensiële mikro-eolemente vir plantegroei soos yster (Fe), swael (S) magnesium (Mg), molibdeen (Mo) en sink (Zn) wat almal help om grondreserwes aan te vul waar Langfos gereeld in bemestingsprogramme opgeneem word.


Finansiële voordele
:


Ten spyte van sy hoë gehalte, kos Langfos – op u plaas afgelewer – minder per ton as enige ander fosfaatbemestingstof.

 


 
 
 
    website design © Inspiral Design