Produk Inligting en Ontledings
Langfos los gedeeltelik op in week sure soos sitroensuur en wanneer dit fyn gemaal word, word dit gebruik as 'n fosfaatbemestingstof, veral in hoë en lae Ph gronde.
Organiese Registrasie Nr. B4038 Misstof Groep 2 – Akte 36 van 1947
Beskikbaar in losmaat, 50kg sakke, 500kg sakke en 1 ton sakke.
Voordele
Aangesien Langfos nie oplosbaar in water is nie, is dit 'n stadig-vrystellende produk wat die fosfaat oor baie jare vrystel aan die plante en die boer in staat stel om gesonde lande op te bou. Dit verryk die grond met spoorelemente en stimuleer wortelgroei en help met die fotosintese in alle plante.
Ontledings
STANDAARD ONTLEDING 5% P |
|
% m / m |
Totale Fosfor |
(P) |
8-10 |
(Krumm/Wagner Metode - stadig vrystel) |
|
|
Kalsium |
(Ca) |
20.1 |
Swael |
(S) |
0.145 |
Magnesium |
(Mg) |
1.30 |
Yster |
(Fe) |
0.73 |
|
|
|
|
|
mg / kg |
Mangaan |
(Mn) |
9 |
Koper |
(Cu) |
3 |
Sink |
(Zn) |
13 |
Molibdeen |
(Mo) |
<10 |
Boor |
(B) |
0.8 |
Fluoried |
(F) |
0.76 |
|
|
|
Algemene aanbevelings vir gebruik
Langfos kan toegedien word volgens behoefte van grond (P) analises. Langfos sal nooit 'n probleem veroorsaak as dit te veel toegedien is nie. Aanbevelings kan wissel van 100kg tot 1500kg per hektaar. Raadpleeg een van ons agente in hierdie verband.
Langfos en ammoniumsulfaat stikstof is 'n baie goeie kombinasie, wat nog verder verbeter as dit met enige organiese bemestingstof vermeng word.
Voorbereiding van wingerdgrond:
Langfos uitgesaai 700kg–1 ton per hektaar
Nuwe aanplantings:
500g Langfos per gat
Bestaande stokke:
200g Langfos onder drupper per stok
Erdwurms en Langfos
Baie onlangs is erdwurms saam met ander organiese kos ook Langfos gevoer. Daar is 20kg Langfos aan 8000 erdwurms oor 'n periode van 8 weke gevoer. Die mis is ontleed en daar was 'n aansienlike toename in die fosfaat inhoud. Die Bemlab ontleding hieronder toon die verskille.
Monsters 1 en 2 was erdwurm mis waar Langfos gevoer is. Dit sal die gevolg he dat as erdwurms in grond teenwoordig is en
waar Langfos toegedien is, grond verder verryk sal word en
die P % verhoog.
Spoorelemente in Langfos
Daar is bykans alle natuurlike spoorelemente in Langfos en aangesien Langfos 'n organiese fosfaat is, is dit ook so by die Departement van Landbou geregistreer is as 'n Misstof Groep 2 Reg B4038.
Aluminium toksiese gronde
Langfos het die unieke eienskap om landbougronde wat met aluminium toksies besmet is, veral in KZN (kusgebiede), Noordwes en Ooskaap (kusgebiede), die gronde te laat herstel sodat dit beter fosfaat vrystel vir wortel ontwikkeling. In toksiese aluminium gronde kan chemiese fosfate nie ten volle werk nie, maar nadat Langfos breedwerpig toegedien is en chemiese fosfaat by plant gebruik word, vorm die twee fosfate 'n tri-fosfaat.
|